
Die plaaslike Lionsklub van Potchefstroom het wereld-diensleweringsmaand afgeskop deur die vervalle speelpark by Ikhutseng-plaaskooltjie op te knap. Op 1 Oktober het Lions hande vuil gemaak, en sodanig 280 leerlinge se skooldae bietjie meer kleurvol gemaak. Die klub is reeds sedert 2006 by die skool betrokke. As jy graag hierby betrokke wil raak, kontak Lion Ansonet by 082 850 8783.